• slide-1a.jpg
  • slide-2a.jpg
  • slide-3a.jpg

Welkom

Welkom by die Loskopvallei Rusoord.  Die Loskopvallei Rusoord is 'n nie-winsgewende organisasie met registrasienommer 011-580.  Die Rusoord is geleë in die pragtige klein dorpie Marble Hall in die hartjie van die bosveld.  

Ander omliggende dorpe sluit in Groblersdal, Bronkhorspruit, Nylstroom, Warmbad, Potgietersrus, Middelburg, Steelpoort, Burgersfort, Polokwane en Naboomspruit.  

Aktiwiteite word op 'n gereëlde basis beplan en met sukses uitgevoer.  Die gemeenskap van Marble Hall maak ook seker dat die bejaardes gereëlde besoeke kry van skole en ander nie-winsgewende organisasies in die Loskop Vallei.

Die Rusoord bied 'n veilige tuiste aan een en almal wat graag hier wil kom bly en akkommodeer mense reg oor die land.

Bejaardesorg lê ons baie na aan die hart en spreek ons dienste boekdele daarvan.  Dit is met trots wat ons kan sê dat ons ons bejaardes op die hande dra en hulle versorg op meer as net een gebied.

Wie Is Ons?

Die Rusoord stel hom ten doel om die residensiële oord op 'n deursigtige  basis te bestuur en te bedryf.

Die Rusoord lewer die volgende:-

  • Bejaardesorg.
  • 'n Inrigtingsversorgingsdiens.
  • Verskaffing van basiese behuising aan sorgebehoewendes.
  • Gemeenskapsontwikkelingsdienste.

Ons onderneem verder om:-

  • die regte en belange van dié in ons sorg te beskerm; en
  • die bejaardes in ons sorg teen uitbuiting, mishandeling en
    vernedering te beskerm.

Ons gee ook leiding aan en voorsien die publiek van inligting met betrekking tot die probleem van bejaardheid.

Loskopvallei Rusoord is deel van die OOSTRA-groep.

Dienste

Die Loskopvallei Rusoord verskaf verskeie fasiliteite en dienste.  Ons skakel in by kerke, organisasies, instansies en departemente wat maatskaplike ontwikkeling in die belang van die inwoners van die oord.

Van die fasiliteite en dienste sluit in:-

  • Pragtuine waar bejaardes kan sit en ontspan.
  • Leeshoekie.
  • Uitstekende sekuriteit.
  • Skoonmaakdienste.
  • Wassery.
  • Gebalanseerde etes volgens elke bejaarde se unieke behoeftes.

Daar is nog meer redes wat u sal oortuig dat die Loskopvallei Rusoord u nommer een keuse sal wees.

Meer oor die kan gelees word onder Akkommodasie en Dienste. 

Tariewe

Die tariewe is as volg:-

ENKELKAMER - R7 411 per maand.

DEELKAMER - R5 862 per maand.